PSALMS 44

Hulpgeroep van die martelaarsgemeente.

1 VIR die musiekleier. Vandie kinders van Korag. ’n Onderwysing.

2 oGod, met ons ore het ons dit gehoor,ons vaders het ons dit vertel: ’n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.

3 U self het met u handnasies verdrywe, maarhúlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.

4 Want hulle het die land niedeur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm endie lig van u aangesig,omdat U ’n welbehae in hulle gehad het.

5 U self is my Koning, o God!Gebied die oorwinninge van Jakob.

6 Deur U sal ons ons teëstandersomstoot; in u Naam sal ons hullevertrap wat teen ons opstaan.

7 Wantek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;

8 maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.

9 In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.

10 En tog het U onsverstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.

11 U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.

12 U gee ons oor soos slagvee, en U het onsonder die nasies verstrooi.

13 U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hullekoopprys nie.

14 U maak ons ’n smaad vir ons bure,’n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

15 U maak ons’n spreekwoord onder die nasies, ’nhoofskudding onder die volke.

16 My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;

17 weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik vandie vyand en wraakgierige.

18 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en niebedrieglik gehandel teen u verbond nie.

19 Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange hetvan u pad nie afgebuig nie,

20 alhoewel U ons verbrysel het in ’n plek vanjakkalse en ons met’n doodskaduwee oordek.

21 As ons die Naam van onse God vergeet het enons hande uitgebrei het na’n vreemde god —

22 souGod dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.

23 Maarom U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.

24 Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!

25 Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?

26 Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.

27 Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − 13 =