Welgeluksalig is hy wat op die Here vertrou.
1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
2 Ek het dieHerelank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
3 en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.
4 En Hy het’n nuwe lied in my mond gegee, ’n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op dieHerevertrou.
5 Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in dieHerestel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
6 Groot dinge het U gedoen,Heremy God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
7 U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.
8 Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in dieboekrol is dit myvoorgeskrywe.
9 Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.
10 Ek het ’n blye boodskap van geregtigheidin die groot vergadering verkondig; kyk,my lippe bedwing ek nie.Here, U weet dit.
11 U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
12 U, oHere, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laatu goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.
13 Want onheile sonder getal hetmy omring;my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie;hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.
14 Laat dit U behaag,Here,om my te red;Here,maak tog gou om my te help!
15 Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom.
16 Laat hulle watvir my sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees!
17 Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heilaltyddeur sê:Groot is dieHere!
18 Alis ek ellendig en behoeftig —die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!