PSALMS 39

Gebed in aanvegtinge.

1 VIR die musiekleier; virJedútun. ’n Psalm van Dawid.

2 Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.

3 Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.

4 My hart het warm geword in my binneste; ’n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:

5 Here,maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.

6 Kyk, U het my dae ’n paar handbreedtes gemaak, enmy leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

7 Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond;ja, hulle woel verniet;hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.

8 En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

9 Red my van al my oortredinge;maak my nie ’n smaad van die dwaas nie.

10 Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie;want Ú het dit gedoen.

11 Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.

12 Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soosdeur’n mot; ja, elke mens is ’n asemtog! Sela.

13 Hoor,Here, my gebed, en luister na my hulpgeroep;swyg nie by my trane nie; want ek is’n vreemdeling by U, ’n bywonersoos al my vaders.

14 Wend u oog van my af, dat ekvrolik kan wordvoordat ek heengaan en daar nie meer is nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen + seventeen =