Geluk van die goddelose is maar skyn.
1 ’nPSALMvan Dawid.
# Alef.Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie,beny hulle nie wat onreg doen nie;
2 wantsoos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.
3 Bet.Vertrou op dieHere, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
4 en verlustig jou in dieHere; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
5 Gimel.Laat jou weg aan dieHereoor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
6 en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
7 Dalet.Swyg voor dieHereen verwag Hom;wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
8 He.Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie:dit isnet om kwaad te stig.
9 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat dieHereverwag, hulle saldie aarde besit.
10 Wau.Ennog ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee opsy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
11 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
12 Sajin.Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.
13 Die Here lag oor hom, want Hy sien datsy dag kom.
14 Get.Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.
15 Hulle swaard sal in hul hart gaan, enhulle boë sal verbreek word.
16 Tet.’n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;
17 wantdie arms van die goddelose sal verbreek word, maar dieHereondersteun die regverdiges.
18 Jod.DieHereken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
19 Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, enin dae van hongersnood sal hulle versadig word.
20 Kaf.Maar die goddelose sal omkom en die vyande van dieHeresoos die prag van die weivelde; hulle verdwynsoos rook, hulle verdwyn.
21 Lamed.Die goddeloseleen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;
22 want die wat deur Hom geseën word,sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.
23 Mem.Deur dieHereword die gange van ’n man bevestig, en Hy het ’n welbehae in sy weg.
24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want dieHereondersteun sy hand.
25 Noen.Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslagbrood soek nie.
26 Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is ’n seën.
27 Samek.Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, enjy sal vir ewig woon;
28 want dieHerehet die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maardie nageslag van die goddelose word uitgeroei.
29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
30 Pe.Die mond van die regverdigeverkondig wysheid, en sytong spreek wat reg is.
31 Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.
32 Sade.Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.
33 DieHeregee hom nie oor in sy hand nie, enHy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.
34 Kof.Wag op dieHereen hou sy weg, en Hy sal jou verhoog,om die aarde te besit;jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.
35 Resj.Ek het die goddelose gesien, ’n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ’n groen inlandse boom.
36 Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
37 Sjin.Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ’n toekoms vir die man vanvrede.
38 Maar die oortreders word tesame verdelg;die toekoms van die goddelose word afgesny.
39 Tau.Maar die hulp van die regverdiges is van dieHere, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
40 En dieHerehelp hulle enred hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.