PSALMS 36

Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God!

1 VIR die musiekleier.’n Psalmvan Dawid,die kneg van die Here.

2 In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose:Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.

3 Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.

4 Die woorde van sy mond is onreg en bedrog;hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.

5 Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op’n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.

6 oHere,u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.

7 U geregtigheid is soos die berge van God;u oordele is ’n groot watervloed.Here,U behou mense en diere!

8 Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekindersonder die skaduwee van u vleuels.

9 Hulle verkwik hul aan die vettigheid vanu huis, en U laat hulle drink uitdie stroomvan u genietinge.

10 Want by U isdie fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.

11 Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.

12 Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie.

13 Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 + fifteen =