PSALMS 34

Die Here beskerm die gelowige.

1 ’nPSALMvan Dawid, toehy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodathy heengegaan het.

2 Alef.Ek wil dieHerealtyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.

3 Bet.My siel salhom beroem in dieHere; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.

4 Gimel.Maak dieHeresaam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!

5 Dalet.Ek het dieHeregesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.

6 He.Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.

7 Sajin.Hierdie ellendige het geroep, en dieHerehet gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.

8 Get.Die Engel van dieHeretrek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

9 Tet.Smaak en sien dat dieHeregoed is;welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

10 Jod.Vrees dieHere, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.

11 Kaf.Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat dieHeresoek, het geen gebrek aan enigiets nie.

12 Lamed.Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van dieHereleer.

13 Mem.Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?

14 Noen.Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.

15 Samek.Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede enjaag dit na.

16 Ajin.Die oë van dieHereis op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.

17 Pe.Die aangesig van dieHereis teen die kwaaddoeners,om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.

18 Sade.Hulle roep, en dieHerehoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.

19 Kof.DieHereis naby die watgebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.

20 Resj.Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red dieHerehom.

21 Sjin.Hy bewaar al sy bene:nie een daarvan word gebreek nie.

22 Tau.Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.

23 DieHereverlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve − 7 =