PSALMS 33

Loflied op die almag en genade van God.

1 oREGVERDIGES, jubelin dieHere!’n Loflied betaam die opregtes.

2 Loof dieHeremet die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.

3 Sing tot sy eer’n nuwe lied; speel goed mettrompetgeklank.

4 Want die woord van dieHereis reg, en al sy werk is met trou.

5 Hy het geregtigheid en reg lief;die aarde is vol van die goedertierenheid van dieHere.

6 Deur die Woord van dieHereis die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

7 Hy versamel die waters van die see soos ’n hoop;Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.

8 Laat die hele aarde vir dieHerevrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;

9 wantHý het gespreek, en dit was; Hý het gebied, en dit staan.

10 DieHerevernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.

11 Die raad van dieHerebestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.

12 Welgeluksalig is die nasie wie se God dieHereis, die volk wat Hy vir Homas erfdeel uitgekies het.

13 DieHerekyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.

14 Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,

15 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.

16 ’n Koning word nie verlos deur ’n groot leër, ’n held nie gered deur groot krag nie.

17 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.

18 Kyk,die oog van dieHereis op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;

19 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te houin hongersnood.

20 Ons siel wag op dieHere; Hy isons hulp en ons skild;

21 want onshart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.

22 Laat u goedertierenheid,Here, oor ons wees net soos ons op U wag!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × one =