PSALMS 32

Die seën van skuldvergifnis.

1 ’nPSALMvan Dawid; ’n onderwysing.

# Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.

2 Welgeluksalig is die mens aan wie dieHeredie ongeregtigheid nie toereken nie enin wie se gees geen bedrog is nie.

3 Toe ek geswyg het,het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;

4 want uhand was dag en nag swaar op my; my murg het verandersoosdeur somergloed. Sela.

5 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.Ek het gesê: Ek wil aan dieHeremy oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

6 Daarom sal elke vrome U aanbid in ’n tyd asUte vinde is; ja, by ’n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.

7 U is ’n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.

8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.

9 Wees nie soos ’n perd, soos ’n muilesel wat geen verstand het nie,wat ’n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig,anderskom hy nie naby jou nie.

10 Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op dieHerevertrou — met goedertierenheid sal Hy hom omring.

11 Wees bly in dieHereen juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × two =