By die riviere van Babel.
1 BY die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.
2 Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.
3 Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van ’n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde,deur te sê:Sing vir ons ’n Sionslied.
4 Hoe sou ons die lied van dieHerekan sing in ’n vreemde land?
5 As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand danhomselfvergeet!
6 Laat mytong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.
7 Here, bring in herinnering virdie kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!
8 oDogter van Babel, jyverwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het!
9 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!