PSALMS 132

Gebed vir die huis van God en die huis van Dawid.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

oHere, dink aan Dawid, aan al sy moeite;

2 dat hy aan dieHeregesweer het,hierdiegelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:

3 Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;

4 sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,

5 totdat ek ’n plek vind vir dieHere, ’n woning vir die Magtige van Jakob!

6 Kyk, ons het daarvan gehoor in Éfrata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.

7 Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.

8 Staan op na u rusplek,Here, U en die ark van u sterkte!

9 Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.

10 Wysu gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.

11 DieHerehet aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie):Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.

12 As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit.

13 Want dieHerehet Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeeren gesê:

14 Dit is my rusplek vir ewig; hierwil Ek woon, want Ek het dit begeer.

15 Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;

16 en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.

17 Daar sal Ek vir Dawid ’n horing laat uitspruit; Ek het virmy gesalfde ’n lamp toeberei.

18 Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

7 + 18 =