Uit die dieptes.
1 ’nBEDEVAARTSLIED.
# Uit die dieptes roep ek U aan, oHere!
2 Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.
3 As U,Here,die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here,wie salbestaan?
4 Maar by U isvergewing,dat U gevrees mag word.
5 Ek wag op dieHere; my siel wag, enek hoop op sy woord.
6 My sielwagop die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.
7 Wag op dieHere, o Israel! want by dieHereis die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;
8 enHy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.