Heerlikheid van die goddelike Woord.
Alef.
1 WELGELUKSALIG is die opregtes van weg, wat in die wet van dieHerewandel.
2 Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
3 ook geen ongeregtigheid doen nie,maarin sy weë wandel.
4 Ú het u bevele gegee om dit trou te onderhou.
5 Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!
6 Dansal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.
7 Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.
8 Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie.
Bet.
9 Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deurditte hou na u woord.
10 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.
11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.
12 Lofwaardig is U, oHere!Leer my u insettinge!
13 Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.
14 Ek isvrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.
15 Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.
16 Ek salmy verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.
Gimel.
17 Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.
18 Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.
19 Ek is’n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.
20 My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.
21 U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.
22 Wentel smaad en veragting van my af, wantu getuienisse het ek bewaar.
23 Al sit vorsteenberaadslaag teen my — u kneg oordink u insettinge.
24 Ja, u getuienisse ismy verlustiging, my raadsmanne.
Dalet.
25 My siel kleef aan die stof;maak my lewend na u woord.
26 My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!
27 Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.
28 My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.
29 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.
30 Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ekvoor mygestel.
31 Ek kleef u getuienisse aan; oHere, maak my nie beskaamd nie!
32 Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want Uverruim my hart.
He.
33 Here, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.
34 Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.
35 Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarinhet ek ’n behae.
36 Neig my hart tot u getuienisse en nie totwinsbejag nie.
37 Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.
38 Vervul aan u kneg u belofte watpas byu vrees.
39 Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.
40 Gewis, ek het’n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.
Wau.
41 En laat u goedertierenhedeoor my kom, oHere, u heil volgens u belofte,
42 sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.
43 En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.
44 Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,
45 en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.
46 Ook wil ekvoor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.
47 En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,
48 enmy hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, enu insettinge oordink.
Sajin.
49 Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.
50 Dit is mytroos in my ellende, datu belofte my lewend maak.
51 Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.
52 Ek het gedink, oHere, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos.
53 Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat.
54 U insettinge was gesange vir my in die huis van myvreemdelingskap.
55 Here, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.
56 Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.
Get.
57 DieHereismy deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.
58 Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadigvolgens u belofte.
59 Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.
60 Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.
61 Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.
62 Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.
63 Ek is ’n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.
64 Here, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.
Tet.
65 U het goed gedoen aan u kneg,Here,na u woord.
66 Leer my ’n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.
67 Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.
68 U is goed en doen goed; leer my u insettinge.
69 Vermeteles het my leuens toegedig;maarék bewaar van ganser harte u bevele.
70 Hulle hart is ongevoelig soos vet;maarék verlustig my in u wet.
71 Ditis goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.
72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.
Jod.
73 U hande het my gemaak en my toeberei;maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.
74 Die wat U vrees, sien my, en hulleis bly; want op u woord wag ek.
75 Ek weet,Here, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.
76 Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.
77 Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.
78 Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het;maarékoordink u bevele.
79 Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken.
80 Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.
Kaf.
81 My siel smag na u heil; op u woord wag ek.
82 My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?
83 Want ekhet geword soos ’n leersak in die rook;u insettinge het ek nie vergeet nie.
84 Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?
85 Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nielewena u wet nie.
86 Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!
87 Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie.
88 Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.
Lamed.
89 Vir ewig, oHere,staan u woord vas in die hemele.
90 Utrou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.
91 Volgens u verordeninge bly hulle vandagnogstaan, want alle dinge is u knegte.
92 As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.
93 Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.
94 Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.
95 Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.
96 Aan alle volmaaktheid het ek ’n einde gesien,maaru gebod is baie wyd.
Mem.
97 Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.
98 U gebooie maak mywyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.
99 Ek is verstandiger as al my leermeesters,want u getuienisse is my bepeinsing.
100 Ekhet meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.
101 Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.
102 Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want Ú het my geleer.
103 Hoesoet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.
104 Uit u bevele kry ek verstand; daaromhaat ek elke leuenpad.
Noen.
105 U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.
106 Ekhet gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.
107 Ek is baie diep neergedruk;Here,maak my lewend na u woord!
108 Laat togdie vrywillige offerandes van my mond U behaag, oHere, en leer my u verordeninge.
109 My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.
110 Die goddelose het vir my ’n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.
111 Ek het u getuienisse vir ewigas erfdeel ontvang, want hulle isdie vreugde van my hart.
112 Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig,tot die einde toe.
Samek.
113 Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.
114 U is myskuilplek en myskild;op u woord wag ek.
115 Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!
116 Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my niebeskaamd vanweëmy hoop nie.
117 Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let.
118 Uverag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens.
119 U ruim al die goddelose van die aarde wegsoosskuim; daarom het ek u getuienisse lief.
120 My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.
Ajin.
121 Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.
122 Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.
123 My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.
124 Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.
125 Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.
126 Dit is tyd vir dieHereom te handel: hulle het u wet verbreek.
127 Daaromhet ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.
128 Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.
Pe.
129 U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.
130 Die opening van u woorde gee lig; ditmaak die eenvoudiges verstandig.
131 Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek.
132 Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet.
133 Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheidoor my heers nie.
134 Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.
135 Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.
136 My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.
Sade.
137 Here, U is regverdig, en reg is u verordeninge.
138 In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou.
139 My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.
140 U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.
141 Ek is klein en verag,maaru bevele vergeet ek nie.
142 U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet iswaarheid.
143 Benoudheid en angs het my getref,maaru gebooie is my verlustiging.
144 U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid;maak my verstandig, dat ek kan lewe.
Kof.
145 Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, oHere! Ek wil u insettinge bewaar.
146 Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.
147 Voor diemôreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.
148 My oë isdie nagwake voor om u woord te oordink.
149 Hoor my stem na u goedertierenheid; oHere,maak my lewend volgens u verordeninge.
150 Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.
151 U, oHere, is naby, en al u gebooie iswaarheid.
152 Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hullevir ewig gegrond het.
Resj.
153 Sien my ellende aan en red my, wantu wet vergeet ek nie.
154 Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.
155 Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.
156 Here, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewendvolgens u verordeninge.
157 My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.
158 Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dithet my gewalgdat hulle u woord nie onderhou nie.
159 Aanskou dat ek u bevele liefhet; oHere, maak my lewend na u goedertierenheid.
160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Sin, Sjin.
161 Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.
162 Ek is vrolik oor u beloftesoos een wat ’n groot buit vind.
163 Leuens haat ek en het daar ’n afsku van; u wet het ek lief.
164 Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.
165 Die wat u wet liefhet,het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.
166 oHere,ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.
167 My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.
168 Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want almy weë is voor U.
Tau.
169 oHere, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.
170 Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte.
171 My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.
172 My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.
173 Laat u hand my tot hulp wees, want ek hetu bevele verkies.
174 oHere, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.
175 Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.
176 Ek hetgedwaal soos ’n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.