Die wonder van die uittog.
1 TOEIsrael uit Egipte getrek het, die huis van Jakobuit ’n volk met ’n vreemde taal,
2 het Judasy heiligdom geword, Israelsy ryksgebied.
3 Die see het dit gesien en gevlug;die Jordaan het agteruitgewyk.
4 Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.
5 Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug?oJordaan, dat jy agteruitwyk?
6 oBerge, dat julle rondspring soos ramme?oHeuwels, soos lammers?
7 Beef, aarde, voor die aangesig van dieHere, voor die aangesig van die God van Jakob,
8 watdie rots verander het in ’n waterplas, die keisteen in ’n waterfontein!