Die Here verhef die geringes.
1 HALLELUJA!Loof, o knegte van dieHere, loof die Naam van dieHere!
2 Laat die Naam van dieHeregeprys word, van nou af tot in ewigheid!
3 Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van dieHeregeloof word!
4 DieHereishoog bo al die nasies;bo die hemele is sy heerlikheid.
5 Wie is soos dieHereonse God, wat hoog woon,
6 wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?
7 Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;
8 omhomte laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.
9 Wat die onvrugbare van die huis laat woon — ’n blye moeder van kinders.Halleluja!