PSALMS 112

Seën van die godsvrug.

1 HALLELUJA!

# Alef.Welgeluksalig is die man wat dieHerevrees,Bet.wat ’n groot welbehae in sy gebooie het.

2 Gimel.Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde;Dalet.die geslag van die opregtes sal geseën word.

3 He.Oorvloed en rykdom is in sy huis;Wau.en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

4 Sajin.Vir die opregtes gaan Hy op as ’n lig in die duisternis:Get.genadig en barmhartig en regverdig.

5 Tet.Gelukkig die man wat homontferm en uitleen,Jod.wat sy sake volgens reg besorg.

6 Kaf.Wanthy sal nooit wankel nie;Lamed.die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.

7 Mem.Hy vrees nie vir slegte tyding nie;Noen.syhart is gerus, vol vertroue op dieHere.

8 Samek.Vas is sy hart, hy vrees nie,Ajin.totdat hyop sy teëstanders neersien.

9 Pe.Hystrooi uit, hy gee aan die behoeftiges;Sade.sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid;Kof.syhoring word verhoog in eer.

10 Resj.Die goddelose sien dit en is vererg;Sjin.hy kners met sy tande en smelt weg;Tau.die begeerte van die goddelose mense vergaan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three + five =