PSALMS 110

Die Priesterkoning.

1 VAN Dawid. ’n Psalm.

# DieHerehet tot my Here gespreek:Sitaan my regterhand,totdat Ek u vyande maak ’n voetbank vir u voete.

2 U magtige septer sal dieHereuitstrekuit Sionen sê:Heers te midde van u vyande.

3 U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.

4 DieHerehet gesweer, en dit sal Hom nie berou nie:U ispriestervir ewig volgens die orde vanMelgisédek.

5 Die Hereaan u regterhand verbrysel konings opdie dag van sy toorn.

6 Hy sal ’n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hyverbrysel ’n hoof oor ’n groot land.

7 Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

17 + 7 =