Woorde van vervloeking en verlossing.
1 VIR die musiekleier. Van Dawid. ’n Psalm.
# oGod van my lof,moenie swyg nie!
2 Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met ’n leuenagtige tong,
3 en my met woorde van haat omring; ja, hulle het mysonder oorsaak beveg.
4 Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek toggedurigbid.
5 Enhulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.
6 Stel ’n goddelose oor hom enlaat ’n teëstander staan aan sy regterhand.
7 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laatsy gebed sonde word.
8 Laat sy dae min wees;laat ’n ander sy amp neem.
9 Laatsy kinders wese word en sy vrou ’n weduwee;
10 en laat sy kindersoral rondswerwe en bedel enbroodsoek, weg van hulle puinhope af.
11 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, enlaat vreemdes sy goed buitmaak.
12 Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.
13 Laatsy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.
14 LaatdieHeregedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.
15 Laat dié altyddeur voor dieHerewees,dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;
16 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maardie ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, omhomdood te maak.
17 Ja,hy het die vloek liefgehad en — dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en — dit het ver van hom af gebly.
18 Hyhet die vloek aangetrek soos ’n kleed en — dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.
19 Laat dit vir hom wees soos ’n kleed waarin hy hom toedraai, en ’n gordel wat hy altyddeur ombind.
20 Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë dieHere, en van hulle wat kwaad spreek teen my.
21 Maar U, oHereHere, maak ditgoedmet myom u Naam ontwil;omdat u goedertierenheid goed is, red my.
22 Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.
23 Ek gaan heensoos ’n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos ’n sprinkaan.
24 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.
25 En ék het vir hulle’n smaad geword; as hulle my sien,skud hulle hul hoof.
26 Help my,Heremy God! Verlos my na u goedertierenheid,
27 sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, oHere, het dit gedoen.
28 Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maaru kneg is bly.
29 Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulletoedraai in hul skande soos in ’n mantel.
30 Ek sal dieHerehardop loof met my mond, enonder baie sal ek Hom prys;
31 want Hy staanaan die regterhand van die behoeftige omhomte verlos van die wat hom veroordeel.