PSALMS 107

Danklied van die verlostes.

1 LOOF dieHere, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

2 Dit moetdie verlostes van dieHeresê,wat Hy uit die nood verlos het

3 enuit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.

4 Hullehet gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; ’n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.

5 Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.

6 Toehet hulle dieHereaangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.

7 En Hy het hulle gelei op ’n regte pad om te gaan na ’n stad om in te woon.

8 Laat hulle dieHereloof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

9 want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.

10 Die watin duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters —

11 omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God endie raad van die Allerhoogste verwerp het,

12 het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.

13 Toe het hulle dieHereaangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.

14 Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan enhulle bande verbreek.

15 Laat hulle dieHereloof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

16 want Hyhet koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.

17 Diewatdwasewasvanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is —

18 hulle siel het ’n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot bydie poorte van die dood gekom.

19 Toe het hulle dieHereaangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.

20 Hy hetsy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.

21 Laat hulle dieHereloof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

22 en laat hullelofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.

23 Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op diegroot waters —

24 húlle het die werke van dieHeregesien en sy wonders in die diepte.

25 Want Hy het gespreek en ’n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.

26 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes — hulle sielhet vergaan van wee.

27 Hulle het getuimel engewaggel soos ’n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.

28 Toe het hulle dieHereaangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.

29 Hy het die storm ’n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.

30 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.

31 Laat hulle dieHereloof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.

32 En laat hulle Hom verhoogin die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.

33 Hy het riviere ’n woestyn gemaak en waterfonteine ’n dorsland,

34 vrugbare land ’n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.

35 Hy het die woestyn ’n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;

36 en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het ’n stad gestig om in te woon.

37 En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.

38 En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.

39 Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer —

40 Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in ’n woeste wêreld, sonder pad —

41 Hyhet die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.

42 Die opregtes sien dit en is bly, maar alleongeregtigheid hou sy mond toe.

43 Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve − seven =