PSALMS 104

Die lied van die skepping.

1 LOOF dieHere, o my siel!Heremy God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheidis U bekleed —

2 wat Uself omhul met die lig soos met ’n kleed, wat die hemel uitspan soos’n tentdoek;

3 wat sysolders bou in die waters, wat vandie wolke sy wa maak, watop die vleuels van die wind wandel,

4 wat van die winde sy boodskappers maak,van vuurvlamme sy dienaars.

5 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.

6 U het dit met die wêreldvloed soos met ’n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.

7 Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik —

8 berge het opgerys, laagtes het weggesak — na die plek wat U vir hulle reggemaak het.

9 ’n Grenshet U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie;hulle mag die aarde nie weer oordek nie.

10 Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.

11 Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.

12 By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.

13 Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.

14 Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,

15 en datwyn die mens sehart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.

16 Die bome van dieHereword versadig,die seders van die Líbanonwat Hy geplant het;

17 waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.

18 Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is ’n skuilplek vir die dasse.

19 Hy het die maan gemaakvir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.

20 U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.

21 Diejong leeus brul om roof enbegeer hulle voedsel van God.

22 As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.

23 Die mens gaan uit nasy werk en na sy arbeid tot die aand toe.

24 Hoe talryk is u werke, oHere!U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!

25 Daar is die see, groot en alkante toe wyd — daar is ’n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.

26 Daar gaan die skepeendieLeviátan wat U geformeer het om daarin te speel.

27 Hulle almal wag op U, dat U hullevoedsel kan gee op die regte tyd.

28 U geeditaan hulle, hulle telditop; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.

29 U verberg u aangesig, hulle word verskrik;U neem hulle asem weg, hulle sterwe enkeer terug tot hul stof.

30 U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.

31 Laat die heerlikheid van dieHerevir ewig wees,laat dieHerebly wees oor sy werke,

32 Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hyraak die berge aan, en hulle rook.

33 Ek wil sing tot eer van dieHeresolank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.

34 Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in dieHere!

35 Magdie sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie!Loof dieHere, o my siel!Halleluja!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen − five =