PSALMS 102

’n Gebed vir Sion.

1 ’nGEBED van ’n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van dieHere.

2 oHere, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!

3 Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie;neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!

4 Want my dae verdwyn soos rook enmy gebeente gloei soos ’n vuurherd.

5 Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart;want ek vergeet om my brood te eet.

6 Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.

7 Ek is soos ’n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos ’n uil op die puinhope.

8 Ek is slapeloos en het geword soos ’n eensame voël op die dak.

9 Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as ’n vloek.

10 Want ek eet as soos brood enmeng my drank met trane,

11 vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.

12 My dae issoos ’n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.

13 MaarU, oHere, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.

14 Ú sal opstaan, Uoor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.

15 Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.

16 Dan sal die heidenedie Naam van dieHerevrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;

17 omdat dieHereSion opgebou het,in sy heerlikheid verskyn het,

18 Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.

19 Dit sal vir die volgende geslagopgeskrywe word, endie volk wat geskape gaan word, sal dieHereloof;

20 omdat Hy van sy heilige hoogteneergesien het, dieHereuit die hemel op die aarde gelet het,

21 omdie gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;

22 sodat hulle in Siondie Naam van dieHerekan vermeld en sy lof in Jerusalem,

23 as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om dieHerete dien.

24 Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.

25 My God,sê ek, neem my nie wegin die helfte van my dae nie —u jare isvan geslag tot geslag!

26 In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.

27 Húlle sal vergaan, maar Ú sal bly; ja, hulle almal sal soos ’n kleed verslyt; U verwissel hulle soos ’n kledingstuk, en hulle verdwyn.

28 MaarU bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.

29 Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × 1 =