JOB 35

Elíhu beantwoord Job se bewering dat dit ’n mens nie baat om regverdig te wees nie.

1 VERDER het Elíhu aangehef en gesê:

2 Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,

3 dat u vrawat dit u baat?Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?

4 Ék sal u antwoord gee enaan u vriende saam met u.

5 Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.

6 As u sondig,watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?

7 As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?

8 U goddeloosheid raak net ’n mens soos u, en u geregtigheid ’n mensekind.

Die onskuldiges roep God aan, maar nie op die regte manier nie.

9 VANWEË die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulleroep om hulp oor die geweld van die grotes.

10 Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker,wat lofsange gee in die nag,

11 wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?

12 Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.

13 Sekerlik, na nietigeklagteluister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.

14 Hoeveel minder as u sêu sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.

15 Maar nou, omdatsy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,

16 maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woordesonder kennis.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × three =