JESAJA 60

Jerusalem word weer verheerlik en ryk gemaak.

1 STAAN op, word verlig; want jou lig kom, endie heerlikheid van dieHeregaan oor jou op.

2 Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal dieHereopgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.

3 Ennasies sal trek na jou lig, enkonings na jou stralende opgang.

4 Slaan jou oë rondom op en kyk — hulle almal kom bymekaar,hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.

5 Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word;want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.

6 ’n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian enEfa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bringgoud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van dieHere.

7 Al die kleinvee vanKedar sal vir jou versamel word, die ramme vanNébajot sal jou dien;hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak.

8 Wie is dit wat daar aangevlieg kom soos ’n wolk en soos duiwe na hulle vensters?

9 Ja,op My wag die eilande, en die skepe van Tarsis kom vooraan, omjou seunsvan ver te bring.Hul silwer en hul goud is by hulle, virdie Naam van dieHerejou God envir die Heilige van Israel, omdat Hy jou heerlik gemaak het.

10 Enuitlanders sal jou mure bou, enhulle konings sal jou dien;want in my toorn het Ek jou geslaan, maarin my welbehae het Ek My oor jou ontferm.

11 Enjou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies enhulle konings in triomftog.

12 Wantdie nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal ondergaan, en dié nasies sal seker verwoes word.

13 Die heerlikheid van die Líbanon sal na jou toe kom, die sipres,die plataan en die denneboom almal saam, om te versier die plek van my heiligdom; en Ek saldie plek van my voete heerlik maak.

14 En die seuns van hulle wat jou verdruk het,sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem:Stad van dieHere,Sion van die Heilige van Israel.

15 In plaas datjy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot’n ewige heerlikheid, ’n vreugde van geslag tot geslag.

16 Enjy sal die melk van nasies suig endie bors van konings suig en sal weet datEk, dieHere, jou Heiland is, en jou Losserdie Magtige van Jakob.

17 Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders.

18 Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie — van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy saljou mure Heil noem en jou poorteLof.

19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar dieHeresal vir jou wees’n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.

20 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want dieHeresal vir jou wees ’n ewige lig, endie dae van jou treurigheid is verby.

21 Enjou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit —as lote deur My geplant,’n werk van my hande, tot my verheerliking.

22 Die kleinste sal ’n geslag word en die geringste ’n magtige nasie. Ek, dieHere, sal dit op die regte tyd gou laat kom.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × five =