JESAJA 58

Valse en ware godsdiens.

1 ROEP uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ’n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.

2 Wel soek hulle My dag vir dag en het ’n behae in die kennis van my weë! Soos ’n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy God nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge;hulle het ’n behae in die toenadering tot God.

3 Waarom vas ons, en U sien dit nie?Waaromkwel ons ons siel, en U weet dit nie? — Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, enjulle jaag al jul arbeiders aan.

4 Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nouom julle stem in die hoogte te laat hoor nie.

5 Is dít die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos ’n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en ’n dag wat dieHerewelgevallig is?

6 Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid,dat julle afhaal die stroppe van die juk envry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?

7 Is dit niedat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?

8 Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jougenesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van dieHerejou agterhoede wees.

9 Dan sal jy roep, en dieHeresal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking,die uitsteek van die vinger endie leuenagtige woord,

10 en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag.

11 En dieHeresal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal weessoos ’n tuin wat goed besproei is en soos ’n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.

12 Endie watuit jou voortkom,sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.

13 Asjy jou voet terughou van die sabbat — om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ’n verlustiging noemendie heiligedagvan dieHerehooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;

14 dan sal jy jou verlustig in dieHere, enEk sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob;want die mond van dieHerehet dit gespreek.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × four =