JESAJA 56

Beloftes vir die wat die sabbat hou.

1 SO sê dieHere: Bewaar die reg en doen geregtigheid; wantmy heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.

2 Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou;wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.

3 En laatdie uitlander wat hom by dieHereaangesluit het, nie spreek en sê: DieHeresal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is’n droë boom nie.

4 Want so sê dieHereaan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond:

5 Ek sal aan hulle inmy huis en binnekant my mure ’n gedenkteken en’n naam gee wat beter is as seuns en dogters; ’n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.

6 En die uitlanders wat hulle by dieHereaangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van dieHerelief te hê deur sy knegte te wees — elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond,

7 hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed;hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar;want my huis sal ’n huis van gebed genoem wordvir al die volke.

8 Die HereHerewat versameldiegene wat van Israel verdryf is, spreek:Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes.

Sondes van Israel, van voormanne en volk.

9 AL julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos!

10 Hullewagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stomhonde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.

11 En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; enherders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad,elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.

12 Kom,sê hulle,laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, endie dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × five =