Die bevryding deur Kores.
1 HOOR dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel enuit die waters van Juda voortgekom het,wat sweer by die Naam van dieHereendie God van Israel roem,maarnie in waarheid of in geregtigheid nie —
2 want hulle noem hul na die heilige stad ensteun op die God van Israel,Herevan die leërskare is sy Naam.
3 Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit my mond het dit uitgegaan, en Ek het dit laat hoor; skielik het Ek dit volbring, en dit het gekom.
4 Omdat Ek geweet het dat jy halsstarrig is,en jou nek ’n ystersening is, en jou voorhoof koper,
5 daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor,dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie.
6 Jy het dit gehoor — aanskou dit alles! Sal júlle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.
7 Nou is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, dat jy nie sou sê: Kyk, ek het dit geweet nie!
8 Ja, jy het dit nie gehoor nie, ook het jy dit nie geweet, ook het jou oor tevore nie daarvoor oopgegaan nie; want Ek het geweet dat jy baie troueloos handel, en dat jyvan die moederskoot af ’n oortreder genoem is.
9 Om my Naam ontwilvertraag Ek my toorn, en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie.
10 Kyk,Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproefin die smeltkroes van ellende.
11 Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen — want ag,hoe ismy Naamontheilig! —en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.
12 Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het,dit is Ek;Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste.
13 Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.
14 Kom bymekaar, julle almal, en luister!Wie onder hulle het dit verkondig?Hy vir wie dieHereliefhet,sal sy welbehae voltrek aan Babel, en sy mag aandie Chaldeërs.
15 Ek, Ek het dit gespreek,ook hom geroep; Ek het hom laat kom, en in sy weg sal hy voorspoedig wees.
16 Kom julle nader na My, hoor dit:Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou hetdie HereHeremy met sy Gees gestuur.
17 So sê dieHere,jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is dieHerejou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.
18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het,dan sou jou vrede gewees het soos ’n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see;
19 dan sou jou nakomelinge gewees hetsoos die sand, en die wat uit jou liggaam voortkom, soos die korreltjies daarvan; sy naam sou nie uitgeroei of verdelg word voor my aangesig nie!
20 Gaan weg uit Babel, vlug weg van die Chaldeërs! Verkondig met jubelklank, laat dit hoor, bring dit uit tot by die einde van die aarde! Sê:DieHerehet sy kneg Jakob verlos;
21 enhulle het geen dors gehad nie, in die woesteny het Hy hulle gelei;Hy het water uit die rots vir hulle laat stroom en die rots geklowe, sodat die waters weggevloei het.
22 Geen vrede, sê dieHere, vir die goddelose nie!