JESAJA 46

Die gode van Babel en die God van Israel.

1 BEL het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, ’n vrag vir die vermoeidediere.

2 Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.

3 Luister na My, o huis van Jakoben die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle watdeur Mygedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;

4 en tot die ouderdom toeis Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ekjulledra; Ék het dit gedoen, en Ék saljulleopneem, en Ék sal dra en red.

5 By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?

6 Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ’n goudsmid, en hy maak daar ’n god van;hulle kniel neer, ook buig hulle.

7 Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom,hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.

8 Dink hieraanen wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges!

9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, datEk God is, en daar is geen ander nie;Ek isGod, en daar is niemand soos Ek nie;

10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê:My raad sal bestaan, enal wat my behaag, sal Ek doen;

11 wat ’n roofvoël roepuit die Ooste, die man van my raad uit ’n ver land; soosEk dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.

12 Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid!

13 Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heilsal nie vertoef nie; enEk gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen + seven =