JESAJA 38

Wondergenesing van Hiskía.

1 IN dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en die profeet Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek dieHere: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.

2 Toe draai Hiskía sy gesig na die muur, en hy het tot dieHeregebid

3 en gesê: Ag,Here, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ’n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.

4 Toe het die woord van dieHeretot Jesaja gekom en gesê:

5 Gaan sê vir Hiskía: So spreek dieHere, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg,

6 en Ek sal jou uit die hand van die koning van Assirië red enook hierdie stad; en Ek sal hierdie stad beskut.

7 En dit sal vir jou die teken wees van die kant van dieHere, dat dieHerehierdie woord wat Hy gespreek het, sal volbring:

8 Kyk, Ek sal die skaduwee op die grade wat dit gedaal het deur die son op die grade van Agasse sonnewyser,laat teruggaan, tien grade agteruit. En die son het tien grade teruggegaan op die grade wat dit gedaal het.

Lied van Hiskía.

9 GESKRIF van Hiskía, die koning van Juda, toe hy siek was en van sy siekte gesond geword het.

10 Ek het gesê: In die bloei van my dae moet ek heengaan in die poorte van die doderyk; ek word beroof van my orige jare.

11 Ek het gesê: Ek sal dieHerenie sien nie, dieHere,in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie.

12 My woning is opgebreek en van my af weggevoersoos ’n herderstent; ek het my lewe opgerolsoos ’n wewersy weefsel;Hy sny my van die wewersbalk af; van dag tot nag gee U my prys.

13 Bring ek myself tot bedaring tot die môre — soos ’n leeu só verbreek Hy al my beendere; van dag tot nag gee U my prys.

14 Soos ’n swaweltjieofkraanvoël, so het ek gepiep; ek het gekir soos ’n duif;my oë het dof gekyk na bo:Here, ek is benoud, wees U my Borg!

15 Wat sal ek spreek, aangesien Hy my dit beloof het en Hy self dit gedoen het?Ek sal soetjies voortgaan al my jare vanweë die bitterheid van my siel.

16 Here, by hierdie dinge leef ’n mens, en geheel en al is daarin die lewe van my gees: laat my dan gesond word en laat my lewe!

17 Kyk, tot heil het die bitter, ja, bitterlydemy geword; maar U, U het my siel liefgehad en getrek uit die kuil van vernietiging. Want U het al my sondes agter u rug gewerp.

18 Wantdie doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie;die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.

19 Die lewende, die lewende, dié sal U loof, soos ek vandag;die vader maak aan die kinders u trou bekend.

20 DieHerestaan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van dieHere.

21 En Jesaja het gesê: Laat hulle ’n vyekoek neem en dit op die sweer sit, dat hy gesond kan word.

22 EnHiskía het gesê: Wat is die teken dat ek na die huis van dieHeresal opgaan?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × three =