JEREMIA 46

Profesieë teen verskillende volke. Onderwerping van Egipteland.

1 DIE woord van dieHerewataangaande die volke tot die profeet Jeremia gekom het.

2 Oor Egipte. Oor die leër vanFarao Nego, die koning van Egipte, wat by die Eufraatrivier byKárkemis was, wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda —

3 Hou die klein en die groot skild klaar, en kom aan na die geveg!

4 Span die perde in, en klim op, o ruiters! En staan reg, met die helms op; maak blink die spiese, trek die pantsers aan.

5 Waarom sien ek — hulle is verslae, hulle wyk agteruit? Ja, hulle helde is verslaan en vlug al verder sonder om om te draai. Daar is skrik rondom, spreek dieHere.

6 Die wat gou is, kan nie ontvlug nie, en die held kan nie ontkom nie; teen die noorde, aan die kant van die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.

7 Wie is dit wat daar oprys soos die Nyl, waarvan die waters klots soos strome?

8 Egipte rys op soos die Nyl en sy waters klots soos strome; en hy sê: Ek sal optrek, die aarde oordek, ek wil die stad verwoes en die wat daarin woon.

9 Trek op, perde, en raas, waens! En laat die helde uittrek: Kusiete en Putéërs wat die skild hanteer, en Ludiete wat die boog hanteerenspan.

10 Maar dié dag behoort aan die HereHerevan die leërskare, ’n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die HereHerevan die leërskarehet ’n slagofferin die Noordland, by die Eufraatrivier.

11 Gaan op na Gílead engaan haal balsem,o jonkvrou, dogter van Egipte! Tevergeefs vermenigvuldig jy medisyne, daar is geen genesing vir jou nie.

12 Die nasies het van jou skande gehoor en die aarde is vol van jou geskreeu; want held het gestruikel teen held, hulle altwee het saam geval.

13 Die woord wat dieHeretot die profeet Jeremia gespreek het aangaande die koms van Nebukadrésar, die koning van Babel, om Egipteland te verower.

14 Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor inMigdol; ja, laat dit hoor inNof en inTagpánhes. Sê: Staan reg, en maak jou klaar, want die swaard het verslind wat rondom jou is.

15 Waarom is jou ruitery neergewerp? Dit het nie bly staan nie, omdat dieHeredit omgestoot het.

16 Hy het baie laat struikel, ja, die een val oor die ander, sodat hulle gesê het: Staan op en laat ons teruggaan na ons volk en na die land van ons geboorte weens die verdrukkende swaard.

17 Hulle het daar geroep: Farao, die koning van Egipte, is oorlogsrumoer;hy het die bepaalde tyd laat verbygaan.

18 So waar as Ek leef,spreek die Koning, wie se Naam isHerevan die leërskare, daar sal sekerlik een kom soosTabor onder die berge en soos Karmel by die see.

19 Maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, o inwoner,dogter van Egipte; want Nof sal ’n woesteny word en dit sal verniel word, sonder inwoner wees.

20 Egipte is ’n pragtige vers; ’n steekvlieg kom,dit kom van die noorde af.

21 Ook ishaar huurtroepe daar by haar soos kalwers uit die stal; maar hulle het ook omgedraai, almal saam gevlug, hulle het nie bly staan nie; want die dag van hulle ondergang het oor hulle gekom, die tyd van hulle besoeking.

22 Haar geluid is soos van ’n slang wat wegseil; want met ’n leërmag trek hulle en kom na haar met byle soos houtkappers.

23 Hulle kap haar bos om, spreek dieHere; want hulle is onberekenbaar: want hulle is meer as sprinkane, sodat ’n mens hulle nie kan tel nie.

24 Die dogter van Egipte staan beskaamd; sy is oorgegee in die hand van die volkuit die Noorde.

25 DieHerevan die leërskare, die God van Israel, sê: Kyk, Ek doen besoeking oor Amon vanNo en oor Farao en Egipte en sy gode en sy konings, ja, oor Farao en die wat op hom vertrou;

26 en Ek sal hulle oorgee in die hand van die wat hulle lewe soek, en in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van sy dienaars.Maar daarna sal dit bewoon word soos in die dae van die voortyd, spreek dieHere.

27 Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik.

28 Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek dieHere, want Ek is met jou. Want Ek sal ’n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five + 1 =