JEREMIA 37

Jeremia in die gevangenis.

1 ENSedekía, die seun van Josía,wat Nebukadrésar, die koning van Babel, koning gemaak het in die land Juda, het as koning geregeer in die plek vanGonja, die seun van Jójakim.

2 Maar hy het nie geluister, hy en sy dienaars en die volk van die land, na die woorde van dieHerewat Hy deur die diens van die profeet Jeremia gespreek het nie.

3 Nogtans het koning Sedekía metJugal, die seun van Selémja, enSefánja, die seun van Maäséja, die priester, die profeet Jeremia laat weet: Bid tog tot dieHereonse God vir ons.

4 Toe het Jeremia nogin- en uitgegaan onder die volk,en hulle het hom nog nie in die gevangenis gesit nie.

5 Ook het die leër van Farao uit Egipte uitgetrek; en toe die Chaldeërs wat besig was om Jerusalem te beleër, die tyding aangaande hulle hoor,het hulle van Jerusalem af opgetrek.

6 Daarop kom die woord van dieHeretot die profeet Jeremia en sê:

7 So spreek dieHere, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Judawat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe;

8 en dieChaldeërs sal terugkom en teen hierdie stad oorlog voer en dit inneem en dit met vuur verbrand.

9 So spreek dieHere: Bedrieg julleself nie deur te sê: Die Chaldeërs sal sekerlik van ons af wegtrek — want hulle sal nie wegtrek nie.

10 Want al sou julle die hele leër van die Chaldeërs wat teen julle oorlog voer, verslaan, sodat daar onder hulle net swaar gewondes oorbly, dan sou hulle elkeen in sy tent opstaan en hierdie stad met vuur verbrand.

11 En toe die leër van die Chaldeërs van Jerusalem af opgetrek het vanweë die leër van Farao,

12 wou Jeremia Jerusalem verlaat omin die land Benjamin te gaan, om daar te midde van die volk ’n erfdeel in ontvangs te neem.

13 Toe hy in dieBenjaminspoort kom, was daar ’n voorman van die wag met die naam Jiría, die seun van Selémja, die seun van Hanánja; en hy het die profeet Jeremia gevang, met die woorde:Jy wil na die Chaldeërs oorloop!

14 Maar Jeremia het gesê: Leuens! Ek wil nie na die Chaldeërs oorloop nie. Maar hy het na hom nie geluister nie, en Jiría het Jeremia gevang en hom bydie vorste gebring.

15 En die vorste het vir Jeremia baie kwaad geword en hom geslaan en hom in die gevangenis gesit in die huis van die skrywer Jónatan; want hulle het daar ’n gevangenis van gemaak.

16 Toe Jeremia in die kerker en in die gewelwe kom en Jeremia daar baie dae gebly het,

17 het koning Sedekía gestuur en hom laat haal; en die koning het hom in sy huisin die geheim gevra en gesê: Is daar ’n woord van dieHere? Toe antwoord Jeremia: Ja. Ook sê hy: U sal in die hand van die koning van Babel oorgelewer word.

18 Verder het Jeremia aan die koning Sedekía gesê: Wat het ek teen u of teen u dienaars of teen hierdie volk gesondig, dat julle my in die gevangenis gesit het?

19 En waar is julle profete wat vir julle geprofeteer het met die woorde: Die koning van Babel sal nie teen julle of teen hierdie land kom nie?

20 Luister dan nou tog, my heer die koning! Laat tog my smeking voor u kom enlaat my nie terugbring in die huis van die skrywer Jónatan, dat ek daar nie sterwe nie.

21 Toe gee koning Sedekía bevel dat hulle Jeremia onder toesig moet houin die voorhof van bewaking en aan hom daagliks ’n skyf brood uit die Bakkerstraat moet gee,totdat al die brood van die stad op was. So het Jeremia dan in die voorhof van bewaking gebly.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen − seven =