JEREMIA 34

God laat Sedekía aansê wat oor Jerusalem en oor hom sal kom.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het —toe Nebukadnésar, die koning van Babel, en sy hele leëren al die koninkryke van die land van sy heerskappy en al die volke teen Jerusalem en al die stede daarvan oorlog gevoer het —

2 so sê dieHere, die God van Israel: Gaan en spreek met Sedekía, die koning van Juda, en sê vir hom: So spreek dieHere: Kyk, Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.

3 Enjý sal uit sy hand nie ontvlug nie, maar sekerlik gevang en in sy hand gegee word; en oog in oog sal jy die koning van Babel sien, en mond tot mond sal hy met jou spreek; en jy sal in Babel kom.

4 Maar luister na die woord van dieHere, o Sedekía, koning van Juda! So sê dieHereaangaande jou: Jy sal deur die swaard nie sterwe nie.

5 Jy sal in vrede sterwe,en net so ’nwierookbrand as vir jou vaders, die vorige konings wat voor jou gewees het, sal hulle vir jou aansteeken jou beklaag met: Ag, heer! Want Ék het die woord gespreek, spreek dieHere.

6 En die profeet Jeremia het al hierdie woorde aan Sedekía, die koning van Juda, in Jerusalem meegedeel,

7 terwyl die leër van die koning van Babel oorlog voer teen Jerusalem en teen al die stede van Juda wat oorgebly het, teen Lagis en teen Aséka; wanthullehet as versterkte stede oorgebly onder die stede van Juda.

Bedreiginge toe die slawe eers vrygestel en toe weer diensbaar gemaak is.

8 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het nadat koning Sedekía ’n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was,om vir hulle ’n vrylating uit te roep,

9 dat elkeen sy slaaf en sy slavin, ’n Hebreeuse man of Hebreeuse vrou, vry moet laat weggaan,sodat niemand ’n Jood, sy broer, vir hom diensbaar sou maak nie.

10 En al die vorste en die hele volk wat die verbond aangegaan het, het gehoor gegee dat elkeen sy slaaf en sy slavin vry sou laat weggaan, sodat dié nie meer aan hulle diensbaar sou wees nie; ja, hulle het gehoor gegee en hulle laat weggaan.

11 Maar daarna het hulle weer die slawe en slavinne laat terugkom wat hulle vry laat weggaan het, en hulle het dié as slawe en slavinne onderdanig gemaak.

12 Toe het van dieHeredie woord van dieHeretot Jeremia gekom en gesê:

13 So spreek dieHere, die God van Israel: Ek het ’n verbond gesluit met julle vaders op die dagtoe Ek hulle uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het, met die woorde:

14 Aandie einde vansewe jaar moet julle elkeen sy broer, die Hebreër wat aan jou verkoop is en jou ses jaar lank gedien het, laat weggaan; jy moet hom as vryman van jou af laat weggaan. Maar julle vaders het na My nie geluister en geen gehoor gegee nie.

15 En júlle het vandag tot inkeer gekom en gedoen wat reg is in my oë, om ’n vrylating uit te roep, elkeen vir sy naaste;en julle het ’n verbond gesluit voor my aangesig, in die huis waaroor my Naam uitgeroep is.

16 Maar julle het weer gedraai en my Naam ontheilig, en elkeen het sy slaaf en sy slavin wat julle vry laat weggaan hetvolgens hulle begeerte, laat terugkom; en julle het hulle onderdanig gemaak om julle slawe en slavinne te wees.

17 Daarom, so sê dieHere: Júlle het na My nie geluister om ’n vrylating uit te roep elkeen vir sy broer en vir sy naaste nie; kyk,Ek roep ’n vrylating uit, spreek dieHere, om julleoor te geeaan die swaard, die pes en die hongersnood, en Ek sal julle ’n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde.

18 En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soosdie kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het:

19 die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem,die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het.

20 En Ek sal hulle gee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek;en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

21 En Sedekía, die koning van Juda, en sy vorste sal Ek oorgee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek, naamlik aan die leër van die koning van Babelwat van julle af opgetrek het.

22 Kyk, Ek gee bevel, spreek dieHere,en sal hulle na hierdie stad terugbring; en hulle sal daarteen oorlog voer en dit inneem en met vuur verbrand; en Ek sal die stede van Juda ’n wildernis maak, sonder inwoner.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

13 − seven =