JEREMIA 31

1 IN dié tyd, spreek dieHere,sal Ek vir al die geslagte van Israel ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

2 So sê dieHere: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn,op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel.

3 DieHerehet aan my verskyn uit die verte: Ja,Ek het jou liefgehad met’n ewige liefde;daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.

4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers.

5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die vrugte geniet.

6 Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep:Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na dieHereonse God.

7 Want so sê dieHere: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: oHere, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel!

8 Kyk, Ek bring hulle aanuit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde;blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in ’n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe.

9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bringby waterstrome, op ’n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; wantEk is vir Israel ’n Vader,en Efraim ismy eersgeborene.

10 Hoor die woord van dieHere, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaaksoos ’n herder sy kudde.

11 Want dieHerehet Jakob losgekoop enhom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy.

12 En hulle sal kom enop die hoogte van Sion jubel en toestroomna die seëninge van dieHere, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle sielsal wees soos ’n welbesproeide tuin,en hulle sal verder nie meer kwyn nie.

13 Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.

14 En Eksal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek dieHere.

15 So sê dieHere:’n Stem word gehoor inRama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.

16 So sê dieHere: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek dieHere;en hulle sal uit die land van die vyand terugkom.

17 Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek dieHere;en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied.

18 Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ’n ongeleerde kalf.Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is dieHeremy God.

19 Wantnadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad; en nadat ek tot insig gekom het,het ek op die heup geslaan; ek het beskaamd gestaan, ja, ook in die skande gekom, omdat ek die smaadvan my jeug dra.

20 Is Efraim vir My ’n dierbare seun of ’n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom;daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek dieHere.

21 Rig vir joumylpale op, maak vir jou padwysers,let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!

22 Hoe lank saljy bly aarsel, o afkerige dogter? Want dieHerehet iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou saldie man beskerm.

23 So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander:Mag dieHerejou seën, o woning van geregtigheid,heilige berg!

24 En Juda en al sy stede sal daarin woon,almal saam; die landbouers en die wat met troppe vee rondtrek.

25 Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

26 (Hierop het ek wakker geword en opgekyk, en my slaap was vir my soet.)

27 Kyk, daar kom dae, spreek dieHere,dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere.

28 Ensoos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek dieHere.

29 In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.

30 Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.

31 Kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond sal sluit;

32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dagtoe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie — my verbond wat húlle verbreek het,alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek dieHere.

33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek dieHere:Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart;en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken dieHere;want hulle sal My almal ken,klein en groot onder hulle, spreek dieHere;want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

35 So sê dieHerewat die son gee tot ’n lig oordag,die ordeninge van die maan en van die sterre tot ’n lig in die nag;wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis,Herevan die leërskare is sy Naam:

36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek dieHere, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ’n volk te wees voor my aangesig vir altyd.

37 So sê dieHere:As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek dieHere.

38 Kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat die stad vir dieHereherbou sal word,van die toring Hanáneël af totby die Hoekpoort.

39 En die meetsnoer sal verder reguit aanloop tot by die heuwelGareb en swaai naGoa toe.

40 Endie hele dal van die lyke en van die as, en al die velde tot by die spruit Kidron,tot by die hoek van die Perdepoort teen die ooste,sal aan dieHereheilig wees; dit sal nie weer uitgeruk of verwoes word in ewigheid nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − 6 =