GÉNESIS 35

Jakob by Bet-el. Dood van Ragel en Isak.

1 DAARNA het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op naBet-el en woon daar; en bou daar ’n altaar vir die God wat aan jou verskyn hettoe jy op die vlug was vir jou broer Esau.

2 Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder dievreemde gode wat onder julle is, enreinig julle en trek ander klere aan;

3 en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ’n altaar bou vir die Godwat my geantwoord het op die dag van my benoudheiden by my was op die weg wat ek gegaan het.

4 Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode wat in hulle besit was, en dieringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder dieterpentynboom wat by Sigem is.

5 En toe hulle weggetrek het, kom daar’n skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.

6 So het Jakob dan inLus aangekom wat in die land Kanaän is — dit is Bet-el — hy en al die mense wat by hom was,

7 en hy het daar ’n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.

8 EnDebóra, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder dieeikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.

9 Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;

10 en God sê vir hom: Jou naam is Jakob;jy sal verder nie Jakob genoem word nie,maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.

11 Verder sê God vir hom:Ek is God, die Almagtige. Weesvrugbaar en vermeerder.’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.

12 En die landwat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.

13 Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.

14 En Jakobhet ’n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ’n gedenksteen van klip, en daarop ’ndrankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.

15 En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het,Bet-el genoem.

16 Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog ’n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.

17 En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie,want dit is ook ’n seun vir u.

18 En toe haar siel uitgaan — want sy het gesterwe — noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.

19 So hetRagel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad naEfrat, dit is Betlehem.

20 En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is diegedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.

21 En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder.

22 En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou,gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.

23 Die seuns van Lea was:Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Sébulon.

24 Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.

25 En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.

26 En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

27 En Jakob het by sy vader Isak gekom inMamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.

28 En die dae van Isak was honderd-en-tagtig jaar.

29 En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenoteversamel, oud en afgeleef. Ensy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen − eleven =