ESÉGIËL 32

1 EN in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, hef ’n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom:Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos ’n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.

3 So sê die HereHere: So sal Ek danmy net oor jou uitsprei deur ’n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet.

4 Dansal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger op die oop veld; enEk sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en die wilde diere van die hele aarde aan jou versadig.

5 En Ek sal jou vlees weggeeop die berge en die dale vol maak met jou hoogheid.

6 En Ek sal jou stroomland natmaak met jou bloed tot by die berge; en die klowe sal vol word van jou.

7 En as Ek jou uitblus, salEk die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.

8 Al die skynende ligte aan die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die HereHere.

9 En Ek sal die hart van baie volke bekommerd maak as Ek jou verbreking onder die nasies uitbring, na lande wat jy nie geken het nie.

10 En Ek salmaak dat baie volke oor jou verstom staan en hulle konings sal oor jou gril van skrik as Ek my swaard voor hulle swaai; enhulle sal elke oomblik sidder, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val.

11 Want so sê die HereHere:Die swaard van die koning van Babel sal oor jou kom.

12 Ek sal jou menigte laat val deur swaarde van helde —die geweldigste nasies, hulle almal; en hulle sal die prag van Egipte verwoes, en sy hele menigte sal verdelg word.

13 En Ek sal al sy vee laat omkom by die groot waters; en geen mensevoet sal dit weer laat roer nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.

14 Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie, spreek die HereHere.

15 As Ek Egipteland ’n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dansal hulle weet dat Ek dieHereis.

16 ’n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing;die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oorsy hele menigte, spreek die HereHere.

17 En in die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

18 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal (hy met die dogters van geweldige nasies)in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.

19 Bo wie is jy skoon? Daal af, en laat jou neerlê bydie onbesnedenes.

20 Onder die wat deur die swaard verslaan is, sal hulle val; die swaard is aangegee; trek hom weg saam met sy hele menigte.

21 Die magtigste heldesal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle lê daar — die onbesnedenes, verslaan deur die swaard.

22 Daar is Assur en sy hele menigte; hulle grafte is rondom hom; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard;

23 wie se grafte gemaak is indie uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes.

24 Daar isElam en sy hele menigte rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes ennouhulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het.

25 Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom ’n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê.

26 Daar isMeseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.

27 Maarhulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was.

28 Jy sal ook verbreek word onder die onbesnedenes, en jy sal lê by die wat deur die swaard verslaan is.

29 Daar isEdom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.

30 Daar is die vorste vandie Noorde, hulle almal, en al dieSidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.

31 Farao sal hulle sien enhom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die HereHere.

32 Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard — Farao en sy hele menigte, spreek die HereHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × 4 =